|
DIE BOSVELD ERVARING VAN 'N LEEFTYD
Kwaggasrus is 'n pragtige
wildsplaas van 400 hektaar, wat 29 km anderkant Brits op die Thabazimbipad
geleë is, in die stilte van die bosveld.
Hier kan jy ontspan, wild kyk, 4 x 4 ry en jou batterye herlaai, en nog
meer ...
Kwaggasrus bied hope aktiwiteite en is geskik vir die aanbied van verskeie
tipe kampe, soos mannekampe en vrouekampe, kerkgroepe, avontuurgroepe,
skoolgroepe en spanbousessies.As gevolg van die
uitgebreide fasiliteite, kan bykans enige groep geakkommodeer word. Klik
die "Fasiliteite"-skakel
om meer te lees, en besigtig gerus die "Kampe"
en "Foto's"-skakel
vir nadere besonderhede.
Met ons pragtige kapel bied Kwaggasrus jou ook die ideale
trou-venue.
Klik hier om na foto's
daarvan te kyk >>
|