|
BESKIKBARE FASILITEITE
Daar is drie pragtige kampterreine op die plaas: Hoofkamp, Jagkamp en Simbakamp, elkeen met sy eie kombuis, lapa, saal en
swembad. Lees meer, en sien foto's van Hoofkamp,
Jagkamp,
Simbakamp.
Die sale by die kampe maak voorsiening vir konferensies en die aanbied
van kampgroepe. Tafels en stoele word voorsien. Sien
foto's ...
Etes word deur die
Kwaggasrus span voorsien, en jy kan verseker wees dat daar nie afgeskeep
word met kos nie!!!
Die meeste chalets is toegerus met 'n eie badkamer, en sentrale
ablusiegeriewe is beskikbaar. Sien
foto's ...
Verskeie tipes wild is op die plaas te sien , nl. rooibokke, koedoe's,
blesbokke, blouwildebeeste, volstruise en 'n verskeidenheid voëltipes.
Die 4 x 4 baan is 'n uitdaging vir die entoesias wat sy speelgoed met
veiligheid wil kom toets. Die baan bestaan uit 'n mensgemaakte gedeelte
waar al die funksies van die voertuig veilig uitgetoets kan word. Die
veldbaan is egter nie vir sissies nie, en gedeeltes daarvan vra vir
ondervinding en moed!!!
Speel en pret is deel van die Kwaggasrus ervaring. Wanneer laas het jy
foefieslide gery, of kleilat gegooi? Die twee droë foefieslides vereis so
bietjie durf en strek oor 'n afstand van 76 meter. Sien
foto's ... Die nat foefieslide
land binne-in 'n dam, en sorg vir oneindige pret. Sien
foto's ... Daar is ook voorsiening
gemaak vir rotsklim, hindernisbane, skyfskiet en die kleilatgat maak van
elke man weer 'n kind. Sien
foto's ...
Met ons pragtige kapel
bied Kwaggasrus jou ook die ideale
trou-venue.
Klik hier om na foto's
daarvan te kyk >>
|