Terug na fasiliteite

JAGKAMP

Al drie die kampe het elkeen sy eie kombuis, lapa, saal en swembad, wat verseker dat verskeie groepe privaat kan funksioneer. 

Die jagkamp (ook genoem die boskamp), is die kleinste van die drie en het slaapplek vir 60 persone. 'n Oulike eetsaal / kuierplek wat gebruik kan word vir 'n eetsaal of lesings, skep 'n heerlike intieme bosveld atmosfeer. Daar is egter ook 'n groot saal beskikbaar.

Omdat Simba en die jagkamp bymekaar geleŽ is, kan die twee kampe saam gebruik word om 'n groter groep te akkommodeer. In so geval word die een saal as eetplek gebruik, terwyl die ander saal as lesinglokaal gebruik word. 'n Groep van 140 persone kan dan hanteer word.