Hoofblad
Fasiliteite
Kampe
Kapel & Trou-venue
Kontakbesonderhede
Padaanwysings
Foto's

 

TIPES KAMPE WAT GEHUISVES WORD

Kwaggasrus het in 1995 tot stand gekom met die gedagte om enige tipe kampe aan te bied. Deur die jare het Kwaggasrus gegroei tot die oase wat dit vandag is en verskillende kerke, skole, bewegings en maatskappye is gereelde kliŽnte op die plaas.

Mannekampe en vrouekampe, skoolgroepe, kerkgroepe, avontuurkampe, veldskool en spanbousessies word op Kwaggasrus aangebied. Omdat ete's voorsien word, is dit baie maklik en gerieflik om kampe te organiseer. Al wat nodig is, is 'n tydige bespreking, eie fasiliteerders, 'n klomp opgewonde mense en siedaarÖ

Die akkomodasie is van so 'n aard dat gemengde groepe die terrein kan gebruik. Die sale is ruim en prakties ingerig en kan gebruik word vir konferensies, werkswinkels, opleidingsessies of sommer net lekker saamkuier.

Natuurlik is dit nodig om te kan speel, en daarom is die foefieslides, kleilatgat, hindernisbane, skyfskietbaan en 4 x 4 roetes 'n noodsaaklikheid op 'n terrein soos Kwaggasrus. Die stilte van die bosveld skep 'n wonderlike geleentheid om weg te breek uit die gewoel van die stad, om vars en uitgerus die lewe te kan aandurf.

Indien jy egter as gesin of vriendekring tydens midweek die terrein wil gebruik, sal daar altyd plek beskikbaar wees. Hou Kwaggasrus ook in gedagte vir die volgende familiesaamtrek.

Bespreek betyds, aangesien die naweke reeds vroeg in die jaar volbespreek word.

Klik hier om meer te lees oor ons fasiliteite en verskillende kampterreine >>