Terug na fasiliteite

SIMBAKAMP

Al drie die kampe het elkeen sy eie kombuis, lapa, saal en swembad, wat verseker dat verskeie groepe privaat kan funksioneer. 

Simba is die nuuste toevoeging by Kwaggasrus en het slaapplek vir 90 mense, in chalets wat wissel van 4 beddens to 10 beddens per lokaal.

'n Paar jakkalse en meerkaaie word in 'n gerieflike kampie aangehou.
Die slanghok by Simba verskaf tuiste aan 8 GROOT luislange. Nee, mnr. Slang gaan nie by jou in die bed kruip nie, hulle is heel gemaklik in hulle eie blyplekkie!!!

Omdat Simba en die Jagkamp bymekaar geleŽ is, kan die twee kampe saam gebruik word om 'n groter groep te akkommodeer. In so geval word die een saal as eetplek gebruik, terwyl die ander saal as lesinglokaal gebruik word. 'n Groep van 140 persone kan dan hanteer word.